Wednesday, April 22, 2009

Seisoene Van Die Hart

Seisoene van die Hart
- Maretha Maartens -

Herfsblare en heuning;
Koperpotte in die son
En die kleur van ‘n Persiese kat se oë;
Alles is ons s’n wanneer ons uiteindelik verstaan;
Ons is mooi genoeg, nes ons is;
Ons is goed genoeg wanneer ons ons beste self is;
Ons het genoeg;
Ons leef;
Ons word bemin;
Ons het lief;
Ons kan nog droom.

Die pot goud is nie aan die voet
Van die reënboog begrawe nie.
Dis hier, sommer net hier
Waar ‘n baba uit sy / haar keeltjie lag;
Hier waar twee paar oë ontmoet;
Hier waar ek weer eens besluit;
Sonneblomme is die mooiste blomme op aarde;
Hier waar ek prewel:
“Dankie, Here!”

- - - o O o - - -


No comments: