Thursday, April 9, 2009

28 April 1958




Nostalgie!

Kinderjare herinneringe!

Die jare van sorgvrye kindwees.


28 April 1958, was die tweeling (Ria en Kallie) 4 jaar oud en ek was 6 en 'n half jaar oud en in graad 1.


Die lewe het soveel beloftes ingehou.

Mens wou net wegspring en leef.


Toe ek jonger was en hierdie foto gesien het, het ek net miljoene sproete gesien en 'n masjiengewaste-gekrimpde, armoedige truitjie.


Vandag kyk mens anders na die foto.


Gelukkige gesiggie -- haai ja -- daar is toe nie miljoene sproete nie.

Skoon, blink haartjies.

Wye glimlag.

Groen kolletjies op die rokkie, wat by die truitjie pas.

Rokkie spesiaal met die hand gemaak deur ons ma.

Rokkie met smokwerk, wat met die hand gedoen is deur ma.


Jy ervaar die liefde wat jou ma vir jou moes hê om soveel moeite vir jou te doen.

Jy ervaar dat jy - een van 5 kinders - die middelkind - spesiaal genoeg was dat daar 'n foto geneem is van jou alleen.


Hoe gelukkig is ons nie almal om wonderlike kinderjare te kon geniet nie.


Hiermee 'n ster vir ons ouers. Pa, die sekuriteit van die huishouding en Ma die liefdevolle versorger, wat bedags 'n voltydse toonbankwerker in 'n winkel was en snags tot baie baie laat, klere gemaak het vir klere-winkels, en vir haar 5 kinders, haarself, haar man, haar kliënte.


Waar kry jy nog mense wat van sulke stoffasie gemaak is??


No comments: