Ek glo mens moet vir jouself gereeld uitdagings daarstel.
Dan kan jy daarna elke keer vir jou 'n ietsie koop om jouself geluk te wens as jy die uitdaging suksesvol afgehandel het.
--------------- Hierdie is 'n stelling wat enige Kliniese Sielkundige mee sal saamstem. ----------------
Wat is my uitdaging vir vandag?
My skoene!!
Ek hou van Froggies om vier redes:
Hulle is duursaam
Hulle is baaaaaaaaaaaaie gemaklik
As jy die piouterkleure koop, pas dit gewoonlik by enigiets.
As ek by my lessenaar sit, kan ek dit maklik uitskop en kaalvoet sit en werk.
Sondag vir my 'n uitdaging aangeskaf.
'n Paar mooiste WIT sandale aangeskaf.
Konflik in die besluit van aankope:
Meeste van my driekwartbroeke vir die somer (wat ek werk toe dra) is wit -- so eintlik pas wit skoene beter as piouter skoene.
Oeps maar die hakkies is ongeveer 2 cm hoër as wat ek normaalweg skoene dra.
Ag wat - maar dis kurk platform hakke - dis nou mode en dis baie lig (soos in nie swaar nie).
Onthou al die vrouens by die werk is in elk geval korter as jy so jy gaan nou nog hoër bo hulle uittroon.
Hopelik sal hulle nou meer na my opsien J.
Onthou net mense kan bedreig voel as hulle net van gemiddelde lengte of kort is.
Sal maar nie polite wees vandag en opstaan as mense in my kantoor instap nie en as ek die fout maak om op te staan, sal ek gou my skoene uitskop of my enkels swik sodat ek nie langer as hulle lyk nie.
Onthou wat het Pa altyd gesê -- as kort mannetjie kyk hy gewoonlik teen mense se naeltjies of hulle borskaste vas --- of selfs in hulle neusgate --- maar nooit in hulle oë nie.
Wel vandag gaan die mense my borste sien en nie my oë nie --- ai nou het ek ook nie meer sulke mooi kant bra-tjies soos jare gelede nie --- ai --- sal 'n volgende uitdaging moet wees......
Hoe gaan jy bestuur?
As dit moet - kaalvoet - maar hierdie skoene gaan ek koop want die patroontjie van die skoen laat my strandloperplatbreë-pote so mooi skraal lyk.
Dan moet jy dit nog in hierdie week eendag werk toe dra anders gaan dit weer net wit olifante word.
Wel Hannon Bothma, Glamguru, het gesê as 'n vrou haar skoentjies se hakkies met 2 cm lig, dan lyk sy dadelik 5 kg ligter.
Met hierdie gedagte koop ek toe my 2 cm hoër skoentjies.
Vandag se uitdaging
Vandag loop ek 2 cm hoër en kyk op almal om my se kroontjies.
Ek trippel op my toontjies en ek wonder hoe hulle teen vier uur nog gaan voel.
Maar vandag ............................... gaan ek my uitdaging trotseer sodat ek beter voel oor myself en vir myself 'n sjokolade kan koop om myself geluk te wens.
Geniet die dag
No comments:
Post a Comment