Monday, November 24, 2008

2009 Kalender in Vrystaat se Kerktydskrif


Dis onnodig om iets vir 'n spesiale geleentheid te bêre.

Die lewe is reeds so 'n geleentheid!

 

 

Ken jouself (Sokrates)

Wees jouself (Sigmund Freud)

Gee jouself (Jesus Christus)

 

 

Die grootste geskenk vind 'n mens nie in 'n winkel,

of onder 'n boom nie,

maar in die hart van ware vriende    (C Lew)

 

 

Die eerste plig van die liefde is

om te luister.....

(P Tillich)

 



Die plek om goed te doen,

is oral,

want God is oral

(F Quarles)

 

 

Die blymoedige mense se lewe is 'n fees (Spr 15:15)

 

 

As jy jou oor niks wil bekommer nie,

moet jy leer om oor alles te bid.

(Anoniem)

 

 

Las is 'n kalmeermiddel sonder enige newe-effekte.

(Anoniem)

 

 

Wanneer jy in gebed jou hande saamvou,

maak God sy hande oop.

 

 

Partymaal moet ons soos kleipotte breek .....

want hoe anders sal Sy lig deur ons skyn?

(Anoniem)

 

 

Lewe in die sonskyn,

vergeet die skaduwees agter jou!!

Om te sterf is niks,

die dwaas kan dit doen.

maar om sinvol te leef,

dit is genade van God.

(E Rickenbacker).

 


Wednesday, November 5, 2008

Uitdagings

Ek glo mens moet vir jouself gereeld uitdagings daarstel.


Dan kan jy daarna elke keer vir jou 'n ietsie koop om jouself geluk te wens as jy die uitdaging suksesvol afgehandel het.


--------------- Hierdie is 'n stelling wat enige Kliniese Sielkundige mee sal saamstem. ----------------


Ongelukkig met my budget, kan ek net sjokolades bekostig as 'n geskenkie om myself mee te bederf (en soos julle my ken - bederf ek my redelik gereeld).


Wat is my uitdaging vir vandag?



My skoene!! 


Ek hou van Froggies om vier redes:


Hulle is duursaam


Hulle is baaaaaaaaaaaaie gemaklik


As jy die piouterkleure koop, pas dit gewoonlik by enigiets.


As ek by my lessenaar sit, kan ek dit maklik uitskop en kaalvoet sit en werk.


Sondag vir my 'n uitdaging aangeskaf.


'n Paar mooiste WIT sandale aangeskaf.


Konflik in die besluit van aankope:

 

Emsie Schoeman sê in haar boeke -- wit skoene lyk soos skuite -- mens mag dit nie dra nie.


Meeste van my driekwartbroeke vir die somer (wat ek werk toe dra) is wit -- so eintlik pas wit skoene beter as piouter skoene.


Oeps maar die hakkies is ongeveer 2 cm hoër as wat ek normaalweg skoene dra.


Ag wat - maar dis kurk platform hakke - dis nou mode en dis baie lig (soos in nie swaar nie).


Onthou al die vrouens by die werk is in elk geval korter as jy so jy gaan nou nog hoër bo hulle uittroon.


Hopelik sal hulle nou meer na my opsien J.


Onthou net mense kan bedreig voel as hulle net van gemiddelde lengte of kort is.


Sal maar nie polite wees vandag en opstaan as mense in my kantoor instap nie en as ek die fout maak om op te staan, sal ek gou my skoene uitskop of my enkels swik sodat ek nie langer as hulle lyk nie.


Onthou wat het Pa altyd gesê -- as kort mannetjie kyk hy gewoonlik teen mense se naeltjies of hulle borskaste vas --- of selfs in hulle neusgate --- maar nooit in hulle oë nie.


Wel vandag gaan die mense my borste sien en nie my oë nie --- ai nou het ek ook nie meer sulke mooi kant bra-tjies soos jare gelede nie --- ai --- sal 'n volgende uitdaging moet wees......


Hoe gaan jy bestuur?


As dit moet - kaalvoet - maar hierdie skoene gaan ek koop want die patroontjie van die skoen laat my strandloperplatbreë-pote so mooi skraal lyk.


Dan moet jy dit nog in hierdie week eendag werk toe dra anders gaan dit weer net wit olifante word.


Wel Hannon Bothma, Glamguru, het gesê as 'n vrou haar skoentjies se hakkies met 2 cm lig, dan lyk sy dadelik 5 kg ligter.


Met hierdie gedagte koop ek toe my 2 cm hoër skoentjies.


 

Vandag se uitdaging


Vandag loop ek 2 cm hoër en kyk op almal om my se kroontjies.


Ek trippel op my toontjies en ek wonder hoe hulle teen vier uur nog gaan voel.



Maar vandag ............................... gaan ek my uitdaging trotseer sodat ek beter voel oor myself en vir myself 'n sjokolade kan koop om myself geluk te wens.

 

Geniet die dag



Sunday, November 2, 2008

Maak 'n Lewe




" 'n Mens kan

'n bestaan maak

uit wat jy ontvang,

maar jy kan net

'n lewe maak

uit wat jy gee."



~~ Anoniem ~~



Thursday, October 30, 2008

Tien Goeie Redes om God te Gehoorsaam




Daar is ontelbaar baie redes om God te gehoorsaam, maar daar is een hoofrede: Hy het gesê ons moet. As daar geen ander redes was nie, sou hierdie een rede beslis genoeg gewees het. Daar is egter baie belangrike voordele aan gehoorsaamheid waaraan ek en jy gereeld herinner moet word. Hier onder het ek 'n lys gemaak van tien goeie voordele:

 

 

1.  Ons gebede word verhoor. As daar sonde in my hart was, sou die Here nie geluister het nie. Maar God hét geluister, Hy hét my gebed verhoor! (Ps. 66:18-19)



2.  Ons het 'n dieper ervaring van die Here se teenwoordigheid by ons.... "As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon" (Joh. 14:23)



3.  Ons verkry wysheid. Hy laat eerlike mense sukses behaal en Hy beskerm dié wat onberisperlik lewe (Spr. 2:7)



4.  Ons is God se vriende. "Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel" (Joh. 15:14)



5.  Ons kan veilig leef. "Julle moet my voorskrifte nakom en my bepalings gehoorsaam. As julle dit doen, sal julle sonder sorge in die land kan woon" (Lev. 25:18)



6.  Ons word volkome gemaak. Wie sy woord egter gehoorsaam - in hom het die liefde van God werklik sy doel volkome bereik. Hieraan weet ons dat ons in Hom is (1 Joh. 2:5)



7.   Ons word geseën. "Let op, ek hou julle vandag die seën en die straf voor: die seën sa lkom as julle die gebooie van die Here julle God gehoorsaam, wat ek julle vandag gee..." (Deut. 11:26-27)



8.  Ons vind geluk... Dit gaan goed met elkeen wat die wet van die Here onderhou (Spr. 29:18)



9.   Ons het vrede. Maar let nou op die eerbare mens, kyk na die opregte: die regskape man, vir hom is daar 'n toekoms (Ps. 37:37).



10.     Ons het 'n lang lewe. My seun, wat ek jou leer, moet jy nie vergeet nie, hou vas aan wat ek jou voorskryf, want dit sal vir jou 'n lang lewe verseker, dit sal maak dat jy 'n vol lewe het(Spr. 3:1-2).





~~ Uittreksel uit: Die krag van 'n vrou wat bid. Deur Stormie Omartian ~~


Sunday, October 5, 2008

Die Mens het Liefde nodig




"Soos 'n blom die son nodig het om waarlik blom te word, 

so het 'n mens die liefde nodig om waarlik mens te word."


~~ Phil Bosmans ~~