Monday, May 11, 2009

Hoekom het die Here Mammas gemaak?


Deur Gr- IV outjies.


Hoekom het die Here Mammas gemaak?
1. Sy is die enigste een wat weet waar is die sello-tape en prestick!
2. Sy moet eintlik net die huis skoon hou.
3. Sy moet ons uithelp as ons gebore word.


Hoe het die Here Mammas gemaak?
1. Hy het grond gebruik net soos met almal van ons.
2. Hy het bonatuurlike kragte en baie tou.
3. Die Here het my ma gemaak net soos vir my. Hy het net groter goed soos kop, arms en bene en goeters gebruik.


Van watter bestandele is Mammas gemaak?
1. Die Here het Mammas gemaak uit wolke, engeltjie vlerkies en hare en baie ander lekker goed in die wêreld.Maar ook 'n klein bietjie lelik en gemeen want sy is partykeers kwaai.
2. Hulle het begin om mammas te maak van mans se bene, maar ek dink hulle het meestal 'n klomp tou en lyn gebruik.


Hoekom het jy JOU Mamma gekry en nie sommer enige ander mama nie?
1. Ons is familie.
2. Die Here het geweet sy hou meer van my as ander kinders se ma's.


Toe jou Mamma klein was, watter soort dogtertjie was sy?
1. My Mamma was altyd net my mamma en niks van daardie ander soort goed nie.
2. Ek weet nie want ek was nie daar nie. Maar ek dink sy was nogal baie baasspelerig.
3. Hulle sê sy was baie gaaf en lief.


Voordat sy met jou pa kon trou, wat moes sy van hom weet?
1. Sy van.
2. Sy moes weet van sy aftergrond. Lyk hy soos 'n skelm? Word hy dronk as hy bier drink?
3. Maak hy ten minste R56,000.00 per jaar? Sy moet weet of hy JA of NEE gesê het vir drugs.Ook of hy JA of NEE sê vir los werkies soos huis werk?


Hoekom het jou Mamma met JOU Pappa getrou?
1. My Pa maak die beste spaghetti in die wêreld en my ma eet baie.
2. Sy het te oud geword om enige iets anders met hom te doen.
3. My Ouma sê sy kan dit nie verstaan nie, my Ma het seker nie mooi reguit gedink nie.


Wie is die baas in julle huis?
1. Mamma wil nie die baas wees nie, maar sy moet want sy sê my pa is dom-onnosel.
2. Ma is. Jy kan dit sien as sy na my kamer kom kyk. Sy sien al die goed onder die bed raak.
3. Ek dink my ma is die baas. Maar net omdat sy soveel meer goed het om te doen as my pa.


Wat is die verskil tussen ma's en pa's?
1. Mammas werk by die werk en hulle werk by die huis. Pa gaan werk net by die werk.
2. Mammas weet hoe om met my juffrou te praat sonder om haar bang te maak.
3. Pappa's is groter en sterker maar Mammas het invloed en gesag, want jy moet haar vra as jy by 'n maatjie wil gaan oorslaap.
4. Mammas het 'n tower stokkie. Hulle kan jou beter laat voel sonder medesyne.


Wat doen jou Mamma in haar vrye tyd?
1. Niks. Want Mammas het nie vrye tyd nie.
2. Jy moet haar hoor! Sy betaal rekeninge die hele dag lank.


Hoe kan mens jou Mamma perfek maak?
1. Aan die binnekant is sy reeds perfek. Buitekant . .. . ek dink een of ander soort plastiese operasie.
2. Die't, jy weet, haar hare. Ek dink miskien blou.


As jy iets kon verander aan jou Ma, wat sal dit wees?
1. Sy het hierdie nare ding in haar kop dat ek my kamer moet aan die kant hou. Ek sou daarvan ontslae raak!
2. Ek sou haar slimmer maak, dan sal sy weet dit was my sussie wat dit gedoen het en nie ek nie. 3. Ek sou graag wou hê daardie onsigbare oë agter in haar kop moet uitval.


Saturday, May 9, 2009

A Mother's Day Prayer


Our Father in heaven

Whose love is devine,

Thanks for the love

Of a mother like mine.

 

And in Thy great mercy

Look down from above

And grant this dear mother

The gift of Your love.

 

And all through the year,

Whatever betide her,

Assure her each day

That You are beside her.

 

And, Father in heaven,

Show me the way

To lighten her tasks

And brighten her day.

 

And bless her dear heart

With the insight to see

That her love means more

Than the world to me.



~~~ Helen Steiner Rice ~~~

~ The Heart of a Mother ~

 




He settles

The barren women

In her home

As a happy mother

Of children.

Psalm 113:9

 

 

 

Tuesday, April 28, 2009

Posomskrywing

Wat is 'n ma?
Die skottelgoedwasser-doekomruiler-
huisskoonmaker-taxibestuurder-rekeningbetaler-
kok-kreatiewiteitsontwikkelaar-
tuinontwerper en binnehuisversierder?
Die punt is, ons is koppeltekenmense.
Ons is nooit net een ding nie,
en dit maak ons moeg.
Tog is God se genade oor ons elke oggend nuut.
As jy klaar nuut geword het,
gaan stort dit uit oor jou kinders.
Hulle is verbasend ontvanklik daarvoor.
~~Erna Rheeder in Ek en my Kind, publikasie van die Ouerleidingaksie van die SAVF ~~

Wednesday, April 22, 2009

Seisoene Van Die Hart

Seisoene van die Hart
- Maretha Maartens -

Herfsblare en heuning;
Koperpotte in die son
En die kleur van ‘n Persiese kat se oë;
Alles is ons s’n wanneer ons uiteindelik verstaan;
Ons is mooi genoeg, nes ons is;
Ons is goed genoeg wanneer ons ons beste self is;
Ons het genoeg;
Ons leef;
Ons word bemin;
Ons het lief;
Ons kan nog droom.

Die pot goud is nie aan die voet
Van die reënboog begrawe nie.
Dis hier, sommer net hier
Waar ‘n baba uit sy / haar keeltjie lag;
Hier waar twee paar oë ontmoet;
Hier waar ek weer eens besluit;
Sonneblomme is die mooiste blomme op aarde;
Hier waar ek prewel:
“Dankie, Here!”

- - - o O o - - -


Ken Jy My Nou?

Elkeen van ons dink ons kan 'n ander persoon op gesigswaarde oordeel, maar helaas - met die mensekind werk dit nie so nie.

Enigeen wat hom elke dag in sy wit jas sien, waar hy tussen siekes beweeg en bejaardes vertroos, dink hierdie man het al die geleenthede van die wêreld gehad om te kom waar hy is. Om 'n mediese dokter te word gebeur nie oornag nie. 'n Mens het ondersteuning nodig. Emosionele en finansiële ondersteuning. Min weet hulle, dat hulle hom nie op sy motor, die huis waarin hy woon en die praktyk kan beoordeel, asof alles op 'n skinkbord vir hom aangedra was nie.

Kom ek vertel jou van hom.

Ek het hom leer ken as 'n seun in standerd twee. Elke dag kantoor toe geroep omdat sy tuiswerk slordig gedoen was. Ja, die skoolwerk was gedoen, maar die vuil kolle, die slordige handskrif ..... kon sy ma dan nie ook toesig hou smiddae oor die deurmekaarkop seun nie? Elke dag het die skoolhoof gewaarsku, soms lyfstraf gegee, almal in die klas het al hul oë hemelwaarts gerol wanneer sy naam weer uitgeroep was om die bekende paadjie kantoor toe te stap.

Nooit het hy teëgepraat nie. Altyd sy pak soos 'n man gevat. Nooit het iemand hom werklik geken nie, tot op die dag wat ek by hierdie briljante wiskunde-leerling van my, gaan huisbesoek doen.

Die hekkie was nie heeltemal toe nie. Dit kon nie ordentlik toemaak nie. In die tuin was daar 'n posseëlgrootte grasperkie. Geen speelgoed buite op die werf nie - dit terwyl die skoolrekords aangedui het dat hy die oudste van drie kinders was.

Iets aan die huisie het my hart vir 'n paar minute laat stilstaan. Alles was grafstil. Ek het opgestap met die twee trappies voor die voordeur. Aan die deur geklop. Na 'n hele ruk het die deur oopgegaan. Hy het voor my gestaan. Weerskante, half agter sy seuntjiebene, sy twee jonger boeties, albei nog in hule voorskoolse jare.

"Meneer kan maar inkom. Meneer sal asseblief net moet verskoon, ek is besig om kos te kook....... "

My seun, ek wou jou aan my hart druk en jou nooit weer laat gaan nie. Die seer in my, wil vandag, na vyf-en-twintig jaar, nog nie verbygaan nie. Hoe min weet ons van mekaar? Hoeveel nagte na daardie besoek kon ek nie die weelde van 'n eie bed, 'n eie kamer as regverdig aanvaar nie.

Ek kan daardie dag net nie vergeet nie.......

Jy het toe alreeds vir jou boeties en jouself pap gemaak vir middagete. Jy het kos gekook vir aandete, vir wanneer Pa en Ma terugkeer van die werk af. Eenkant in die kombuis-cum-eet-cum-sitkamer het die strykplank gestaan, waar jy besig was om tussen die aandag wat jou boeties van jou vra, en die koskokery deur, ook nog gestryk het.

Die dae wat jy nie gewas of gestryk het nie, het jy huis skoongemaak --- al was jy nog maar net 'n tingerige standerd twee seuntjie wat met 'n rugbybul in die parkie moes speel, of fiets ry, of ............... net seun wees.

Hoeveel keer het jy lyfstraf vir slordige huiswerk gekry? Hoeveel keer moes jy neerhalende aanmerkings oor jou voorkoms aanhoor? 'n Honderd keer? - nee sekerlik baie meer. Hoe onregverdig moes die optrede van die grootmense van ons wêreld nie vir jou gelyk het nie?

Jy wat saans, nadat jy die skottelgoed gewas het, jou boeties in die dubbelbed (waarin die drie van julle moes slaap) slaapgemaak het; onder die straatlig op die sypaadjie jou huiswerk gedoen het. Omdat julle huisie slegs twee vertrekke gehad het met geen binnemure en deure nie, net gordyn-afskortings, kon jy nie by dieselfde kombuistafel waar jy die heeldag gearbei het, jou huiswerk doen nie, want die lig in die huis sou jou ouers in hulle slaap steur.

Nooit kan ek jou, my "hartkind" vergeet nie - ek druk jou nog elke dag aan my hart en ek bid vir jou.

Oorvertel aan my, deur my mentor, gedurende my Proeftyd by Derdepoort Laerskool.

Friday, April 17, 2009

Ontmoet 'n Besonderse Meisietjie



Ek het hierdie besonderse meisietjie nou net ontmoet.

Sy is 6 jaar oud.
Sy weeg 108kg.
Haar haartjies is oranje-rooi-bruin.
Sy het 'n paar swart strepe ook in die haartjies.

Haar voorpootjies is so 140mm in deursnee.



What a beauty!!!!!!



Mej Tier is hier vir haar tande en 'n teaterprosedure.


Unreal -- om te dink jy staan twee tree van haar af en aanskou elke spierwit snorbaarde en kan "close up" haar hoekige bek bekyk.

Hulle sit die hartklop- en suurstofmonitor, wat hulle gewoonlik aan mense se vingers vasknyp, aan haar tong en dan kan hulle bepaal wanneer die vlak van verdowing verminder.

Was 'n ontsaglike voorreg.

Lunguile - die 2 maande oue leeutjie waarmee ek gister en eergister gespeel het, is huis toe.


Thursday, April 9, 2009

Gebed Aan Al Die Bloggers

Ek wil saam met ‘n man van Wes-Afrika die volgende gebed opdra aan al die bloggers. Mag hierdie gebed elke dag in jou lewe beleef en geleef word.

Ek gooi my vreugde soos voëls in die lug op, Here,
Omdat ‘n nuwe dag singend voor my oopgaan!
Dit tjirp en kwetter van u liefde.
U genade skitter in elke uur.
Here,
Goeie God,
U maak elke dag!!