Die woord “rou” het nog altyd vir my beteken dat kos nie gaar is nie.
ROU het vir my ‘n nuwe betekenis gekry.
ROU is die beskrywing van die gevoel in my maagwande en borsholte wanneer ek na my ma kyk en sien hoe sy ly.
ROU is die beskrywing van die hartseer binne my wanneer ek weet ons gaan vir altyd moet afskeid neem.
ROU is die beskrywing van die wegruk van my ma van ons – haar geliefdes – af.
ROU is die beskrywing van die pyn wat ek in haar oë kan lees, wanneer die pynmedikasie uitgewerk is.
ROU is die wete wat sy het dat sy nie meer ‘n lewe voor haar het nie.
ROU is die wonder of sy genoeg gedoen het in haar lewe en of sy maar mag gaan rus.
ROU is om die hartseer en aftakeling van alleenword, by my pa te sien.
ROU is om die ander kinders se hartseer te sien.
ROU is die wete dat al die agterkleinkinders van hierdie pragvrou, haar nie sal ken nie.
Foto geneem deur: Abi